Platberg Kleuterskool het in die jaar 2000 begin. Daar was aanvanklik net 2 klassies, `n Gr R klas en `n 3 – 5 jarige groep. Gou het ons gesien daar is `n behoefte om verder uit te brei en is die jonger klassie in twee ouderdomsgroepe verdeel. `n Jaar of wat later is die Gr R klas ook in twee verdeel . Daar is dus tans 4 klassies.

 

Onderrig geskied in Afrikaans. Ons dien as primere voedingsbron vir die Harrismith Primere Skool . Gr R val volwaardig onder die skool en die kurrikulum van die Onderwys Departement word gevolg om kinders gereed te kry vir gr 1.

`n Babagroep van 18maande tot 3 jaar word eersdaags by ons ingelyf.

Daar word elke jaar `n konsert gehou en ook `n Gradeplegtigheid vir die Gr R outjies. Ons neem ok graag deel aan die plaaslike eisteddfod met goeie resultate. Uitstappies word gereeld onderneem en dit pas gewoonlik aan by die Tema van die week. Ander interressante aktiwiteite is Oupa en Ouma dag, Beroepedag, Sportdag, Hoed parades ens.

Buitemuurs in die vorm van Playball en Kindermusik is by die skool beskikbaar. Arbeidsterapie groepe word gratis vir Gr R aangebied.

Sluit gerus aan by ons Facebook group: Platberg kleuterskool.

 

Ons stel graag die nuwe toevoeging tot ons kleuterskool aan julle bekend: Mariette Steyn het in 2004 gematrikuleer aan die Hoërskool Harrismith.

Sy het verder gaan studeer aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie en het haar diploma in Tekstielontwerp met lof voltooi. Gou het Mariette egter besef dat sy, soos haar ma jare terug voorspel het, ook in onderwys belangstel. Sy het toe by die Audeamus Privaatskool kuns gegee. In die tyd het sy die NILD(National Institute for Learning Development)  kursus voltooi. Sy het dan ook as “NILD Therapist” by die skool gewerk.

Mariette het klaar ingeskryf vir `n kursus in Vroeë kind ontwikkeling. Sy is begeesterd en sien haar nuwe pos as `n uitdaging.

Vir Navrae oor die Babaklas kontak Mariette: 079 352 4819

 

 

 

left direction
right direction
You are here Platberg Kleuterskool Toevoeging tot Kleuterskool Babaklas

School Address

P.O. Box 249
HARRISMITH
9880

Greyling Street
HARRISMITH
9880

View on Map

Contact Details

Tel : (058) 623 1931 / 1239

Mobile 1 : (082) 578 0750
Mobile 2 : (082) 578 0740

Fax : (058) 623 2328

Or send us a message here.

 

Main Menu

Brochures

Upcoming Events

There are no events at this time

Weather

Current Forecast
Fri, 25 Jul 2014 4:58 pm SAST
Unknown
19°C
High: 21°C
Low: 2°C
 

Online Visitors

We have 3 guests online